19 Casablanca Beach Penthouse
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Compensation Beach-weg 98, Casablanca 19, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R980 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
19 Casablanca Beach Penthouse is 'n selfsorgwoonstel op Willard's se hoofstrand en promenade en bied direkte strandtoegang.
Dié tripelverdiepingwoonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed, lugversorging, plafonwaaier, ketel en 'n yskassie. Die slaapkamer maak op 'n groot balkon met 2 sonstoele en 'n goeie, gedeeltelike see-uitsig oop. Daar is ook 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak op dié verdieping. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Daar is 2 slaapkamers op die middelste verdieping. Een het 'n dubbelbed en die ander het 2 enkelbeddens. Beide kamers bied toegang tot 'n balkon met 'n gedeeltelike see-uitsig en stoepmeubels. Die badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Draagbare waaiers is beskikbaar.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike leersitkamerstel en 'n platskerm-TV teen die muur met Netflix en YouTube. Gaste moet asb. hulle eie aanmeldbesonderhede gebruik. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die kompleks is omhein en bied 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Daar is ook 'n toesluitmotorhuis en ekstra parkeerplek vir 1 voertuig. Die eenheid word slegs met aankoms skoongemaak en ontsmet. Addisionele skoonmaakdienste is op versoek beskikbaar. Verder sal gaste stapafstand vanaf Checkers, Superspar, restaurante en winkels wees.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Klein kombuis
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Doreen Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 56
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Compensation Beach-weg 98, Casablanca 19, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 19 Casablanca Beach Penthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Compensation Beach-weg 98, Casablanca 19, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang