Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

1One1@Boneyard

Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Da Gama-straat 113, Boneyard Eenheid 111, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Vanaf R830 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

1One1@Boneyard is 'n nuut opgeknapte, volledig toegeruste selfsorgwoonstel wat 200 m se stapafstand vanaf die strand, winkels, wassery en restaurante geleë is. Dit is die ideale bestemming vir gaste wat branderplankry, die son wil geniet, lekker kos eet en pret by die plaaslike kuierplekke wil hê, alles is naby die kompleks.

Die woonstel bied slaapplek aan 3 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met 'n ruim klerekas. Daar is 'n aparte badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n yskassie, mikrogolf, §1tweeplaat-induksiestoof, konveksie-oond, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware en 'n Nespressomasjien toegerus. Die kombuistoonbank dien ook as 'n klein ontbythoekie.

Die sitarea se rusbank kan in 'n slaapbank omskep word, gaste kan hul eie aanmeldbesonderhede gebruik om op die slim-TV te stroom. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die woonstel is via 'n hysbak of trappe toeganklik aangesien dit op die 1ste verdieping is met kelderparkeerplek vir 1 voertuig en 1 sleepwa agter 'n afstandbeheerde hek. Die kompleks is baie veilig.

Neem asb. kennis dat geen oop vure in die kompleks toegelaat word nie en die gebruik van gaste se eie handdoeke word vereis.

Die Jeffreysbaai-streek is bekend vir sy pragtige strande, nimmereindigende somers en volop skulpe en is veral bekend as die Surf Mekka van die Wêreld. Die pragtige strande is veilig vir swem en sorg vir eindelose opwinding vir watersport.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.0
Diens
4.3
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Claudette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Da Gama-straat 113, Boneyard Eenheid 111, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink 1One1@Boneyard het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 830
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 830
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Da Gama-straat 113, Boneyard Eenheid 111, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb031fc404689d2989055508e32452acf8b796a43b616e07d049e22616c94bbce2576b7915eef17bff53914c9f217cb21c9c8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R830 per nag (plek vir 3) 4 5 1 4 113 Da Gama Street Boneyard Unit 111 6330 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.038020036715 24.929592455861

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang