2 La Mer
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Illovo-kusweg 27, Illovo-strand, Kingsborough, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 995 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
2 La Mer nooi jou uit om weg te breek na hierdie luukse tweeslaapkamerwoonstel in Illovo Beach aan KwaZulu-Natal se tropiese kus. Die omgewing is rustig en die woonstel is net 30 minute suid van Durban.
Dié woonstel is 'n verhewe grondvloer eenheid en het sykant-uitsig oor die see, tuin en swembad. Die woonstel het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-kombuis/eetkamer/woonkamer. Daar is 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer in die hoofslaapkamer, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer en die leefarea bied direkte toegang tot die ruim balkon met stoepmeubels, gasbraaier en gedeeltelike uitsig oor die see en aangrensende tuin.
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n ketel, broodrooster, strykyster, oond en stoof, mikrogolf, yskas, vrieskas en wasmasjien. En daar is sitplek vir 4 persone, 'n TV met DStv, DVD-speler en 'n CD-speler in die leefarea. Gaste het natuurlik ook toegang tot WiFi en veilige parkering.
La Mer word baie goed in stand gehou en het welige tuine, 'n swembad, kinderswembad, braaigeriewe en 'n klubhuis. Verder het die kompleks 24/7-sekuriteit, onderdakparkering vir 1 motor en genoeg oop parkeerplek vir besoekers.
Die hoofweg kan nie gesien of gehoor word van hier af nie, maar is net 10 minute se ry van die woonstel af. Dié snelweg bied gerieflike toegang tot natuurreservate, duikplekke, gholfbane en ander besienswaardighede aan die Suidkus.
Gaste het toegang tot die strand via 'n privaat hek wat net 'n paar minute se stap van die woonstel af is. Die swemplek word beveilig deur haainette en is ook geskik vir visvang. Voëlkykers en roeiers sal mal wees oor die strandmeer wat gevorm word deur die mond van die Lovurivier.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Burger Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 58
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Illovo-kusweg 27, Illovo-strand, Kingsborough, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 2 La Mer het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Illovo Beach Kingsburgh Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Illovo-kusweg 27, Illovo-strand, Kingsborough, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang