Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

2 Seesonnet

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Link-weg 1, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

2 Seesonnet is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in Freeland Park, Scottburgh. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n gesinswegbreek aan die kus, want hierdie woonstel het direkte toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad.

Dié duplekswoonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het direkte toegang tot 'n balkon en is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens en 'n dubbelslaapbank het. 'n Stort-oor-bad, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar.

Die oopplan-leefarea beslaan die grondvlak en beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof en oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en hierdie area het 'n TV met OpenView-kanale. 'n Hardeskyf met flieks is ook beskikbaar vir gaste om te kyk.

Dié leefarea maak oop op 'n balkon met 'n Weber-braai. Dié kompleks spog ook met direkte toegang tot die strand. Bykomende braaigeriewe is ook by die swembad-area beskikbaar. Gaste kan gaan swem, branderplankry, of visvang by die strand. Dit is ook 'n wonderlike plek vir 'n heerlike wandeling en seisoenale walviskyk. Enkel toesluitmotorhuis is beskikbaar met toegang tot die eenheid via die motorhuis.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Monique F
Saam met lewensmaat
5.0
Die uitsig was baie mooi, die strand is letterlik 'n klipgooi ver. Dit was baie lekker en rustig gewees en die plek was baie netjies en diervriendelik...
Sien meer
Okt 2024
Mariaan G
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie lekker gebly, sal enige tyd weer teruggaan.
Sep 2024
Lizelle B
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic and relaxing! It was fabulous. Clint is so friendly and kind. Beautiful place, very clean. Right on the beach - brilliant! No...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Margie J
Gesin met klein kinders
5.0
Clint was a great host. Clean, comfortable and convenient.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Depashen M
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable. Excellent. Clean and neat.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Clint Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Link-weg 1, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 2 Seesonnet het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Link-weg 1, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9c407cc867ee7fea0a9586b83bd53a08267e46bf2dfadb839f3a9f3b2c42ec6b0f3a7abfaf96a5f6ddae338eb6ca0004e3b5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 6) 10 5 1 5 1 Link Road Freeland Park 4180 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.275813615493 30.759062651788

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang