2 Zebula Waterberg over the Savannah
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 534 Mabula, Zebula Gholflandgoed en Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
2 Zebula Waterberg over the Savannah bied luukse selfsorgverblyf en is op die toonaangewende Zebula Gholflandgoed en Spa geleë. Die landgoed is ongeveer 202 km vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe en spog met verskeie ontspannings- en besigheidsgeriewe.
Hiérdie ruim dubbelverdiepinghuis bied verblyf aan tot 8 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 4 en suite-badkamers en oopplan-leefruimtes en -vermaakareas. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in twee enkelbeddens kan verander en elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad. 'n Slaapbank vir twee kinders onder 12 jaar is in die eerste leefarea.
Die volledig toegeruste kombuis het toebehore om maaltye voor te berei, asook 'n wasarea met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die informele sitarea op die boonste verdieping het rusbanke, 'n TV met volle DStv-kanale en 'n kaggel; die sitarea lei na 'n speletjieskamer en 'n balkon.
Die tweede leefarea op die onderste verdieping het ook 'n TV met volle DStv-kanale en 'n kaggel en lei na die vermaakarea waar 'n plonspoel en boma braai-area is. Veilige onderdakparkeerplek is vir voertuie beskikbaar.
Gaste kan die 18 putjie-gholfbaan, restaurante en kroeë, 'n bekroonde spa, sport- en ander ontspanningsaktiwiteite besoek. Konferensie- en spanbougeriewe, 'n gimnasium, swembaddens en wildkyk op die landgoed is ook beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Wildritte
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Dillon Geverifieer
Eiendomme 68
Resensies 205
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Plaas 534 Mabula, Zebula Gholflandgoed en Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 534 Mabula, Zebula Gholflandgoed en Spa, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang