21 Arrowood
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Perestello-straat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
21 Arrowood is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Plettenbergbaai. Dis sentraal geleë en net 'n entjie vanaf die dorp en die strand. Die kompleks bied 'n uitsig oor die baai, riviermonding, die strandmeer en die Tsitsikammaberge in die verte. Daar is 'n kristalhelder swembad, 'n plonspoel vir kinders en veilige parkeerplek.
Dié woonstel is modern versier met oorgenoeg sitplek in die sitkamer, by die etenstafel en op die groot patio met 'n stoeptafel. Die sitkamer en hoofslaapkamer bied ongelooflike uitsigte en kry oggendson dwarsdeur die jaar. Daar is 'n uitsig oor die baai en sonsopkoms is veral pragtig. As jy gelukkig is kan jy 'n volmaan beleef wat oor die see opkom.
Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubblebed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. In die tweede slaapkamer is daar 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. In die gesinsbadkamer is daar 'n bad, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strand- en swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het genoeg sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler. Die leefarea bied toegang tot 'n patio met ingeboude braaigeriewe. Daar WiFi in die eenheid.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Paula Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 15
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Perestello-straat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink 21 Arrowood het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Perestello-straat, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang