Jakaranda 22 Uvongo/Beacon Rocks
Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 19 Feb 2025 tot 28 Feb 2025.
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selveylaan 2, Beacon Rocks, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R750R638 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Jakaranda 22 is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in Uvongo, naby Margate, aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Die woonstel bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders wat op soek is na 'n wegbreek by die see.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers en het 2 enkelslaapbanke vir 2 kinders in die leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n gemaklike koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea het 'n ontbythoekie, gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en 'n DStv-dekodeerder. Gaste moet egter hul eie kaart saambring.
Die woonstel is baie naby die see en Uvongo-hoofstrand geleë en het 'n pragtige seeuitsig. Dit bied veilige parkeerplek, 'n speelarea vir kinders en braaigeriewe. Besienswaardighede in die area sluit Shelly Mall en 'n rits geriefswinkels, kroeë en restaurante in. Dié deel van die Hibiskuskus spog ook met 2 van die top-gholfbane in die land en talle stap- en fietsroetes.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Mignon Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 3 maande
Ligging
- Selveylaan 2, Beacon Rocks, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Jakaranda 22 Uvongo/Beacon Rocks het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selveylaan 2, Beacon Rocks, Margate, 4270, KwaZulu-Natal