23 Ambleside
Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 19 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ambleside-weg 23, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R690R592 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
23 Ambleside is geleë in Umtentweni, Port Shepstone, 'n area wat veral bekend is vir sy strande, gholfbane, visvangplekke, avontuurparke, wildlewe en natuurtoere. Die perfekte wegbreekplek vir diegene wat op soek is na 'n vakansie weg van die bruisende stadslewe.
Verblyf by 23 Ambleside bestaan uit 1 hoofhuis, 2 kothuise en 'n woonstel. Hierdie 4 opsies kan saam bespreek word vir 1 'n groot groep of kan apart bespreek word. Die hele eiendom het gratis WiFi en sonkrag. Daar is ook 'n tenk vir bystandwater. Die hoofhuis het slaapplek vir 10 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers en 2 en 'n half badkamers. Die eerste kothuis het slaapplek vir 2 gaste en bestaan uit oopplan-leefarea en die tweede kothuis het slaapplek vir 3 gaste en die woonstel het slaapplek vir 4 gaste. Hierdie eenhede is apart van die hoofhuis.
Kothuis 1 het 'n yskas, mikrogolf, broodrooster en koffie- en teemaakgeriewe en het 'n privaat patio met braai.
Kothuis 2 is selfsorg met kombuisie, tweeplaatstoof en mikrogolfoond. Ketel en broodrooster met 'n groot yskas. Dit het ook 'n ekstra enkelbed in die sitkamer.
Die woonstel is bo die dubbelmotorhuis geleë en het see-, tuin- en swembad-uitsigte. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en oopplan-leefarea met 2 enkelbeddens in die sitkamer. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n hoë tafel en stoele. Die eenheid het sy eie gasgeiser, het 'n badkamer met 'n toilet, wasbak en groot stort. Die eenheid het 'n aparte ingang, maar moet wel met die trappe klim.
Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, troeteldiere volgens reëling, WiFi, 'n wasmasjien teen 'n ekstra koste per vrag in en sluit waspoeier en verskeie braai-areas met braaiers in. Bring asseblief jou eie houtskool en vuuraanstekers.
Doendinge in die omgewing sluit gholf, perdry, wildritte, bergfietsry, wildkyk, swem, visvang, fietsry, begeleide staptogte en tennis of muurbal in.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Catherine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 23
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Ambleside-weg 23, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 23 Ambleside het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umtentweni Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 19 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ambleside-weg 23, Umtentweni, Port Shepstone, 4235, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang