23 Key Largo
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Topham-weg 5, Key Largo 23, Doonside, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R800 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
23 Key Largo is 'n smaakvolle selfsorgeenheid op die grondverdieping van 'n gewilde, kindervriendelike oordstyl-kompleks in Doonside. Die kompleks spog met direkte toegang tot die wit sandstrande waar lewensredders swemmers veilig hou. Gaste kan op die stoep ontspan en die vars seebriese en klanke van die golwende branders geniet. Gaste sal ook gedurende wintermaande walvisse en dolfyne kan gewaar en selfs die jaarlike Suidkus Sardientjieloop kan ervaar.
Die eenheid is ideaal vir maksimum 3 volwassenes en 1 kind onder die ouderdom van 16. Dit beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en 'n leefarea met 'n skuifdeur wat na die onderdakstoep lei. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelslaapbanke en 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Bad- en swemhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser en etenstafel met 4 stoele toegerus. Die leefarea het 'n platskerm-TV met sekere OpenView-kanale. Indien gaste DStv wil kyk moet hulle hul eie dekodeerder saambring of met hul eie besonderhede op die DStv-toep inteken aangesien die eenheid wel WiFi het. Elke vertrek het ook 'n dakwaaier.
Buite is daar 'n aangewese motorafdak vir voertuie. Die kompleks bied 'n rits geriewe op die perseel insluitend 'n swembad, gimnasium, tennisbane, muurbalbane, 'n wasgoedkamer en braaigeriewe. Die kompleks is ook naby winkels, restaurante en 'n verskeidenheid toeriste-besienswaardighede.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Rita Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 116
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Topham-weg 5, Key Largo 23, Doonside, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 23 Key Largo het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Doonside Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Topham-weg 5, Key Largo 23, Doonside, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang