Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

2362 On Swartwitpens

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.2
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Jan V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jun 2024

Heerlik gekuier en rustigheid geniet. Baie lekker plekkie. Ligging is perfek. Baie wild wat kom kuier en die kinders het dit baie geniet. Vriendelike diens vanaf julle en die eienaars. Sal definitief weer gaan. Vat net wildspallets saam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Piet D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Nov 2020

Skoon, gerieflik & goed geleë. Eienaars het gereeld gekommunikeer om te verseker dat ons gerieflik en gelukkig is. Vriendelike en voortreflike diens. Ons "mede-inwoners" in Marloth het gereelde besoeke gebring, oggende en saans. Vlakvarke, koedoes, sebras, dwergmuishonde was 'n ondervinding vir die kleinkinders. Ons nagapie-vriende het ons nie een aand teleurgestel nie. Die kameelperd wat kom groet het was 'n bonus. Dankie Jeannette!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Jacques P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.2
Des 2018

Teleurstellend. Klein, beknop, donker en bedompig. Waaiers wel beskikbaar, maar onvoldoende. Die gasgeiser is in die piepklein kombuis/leef-area installeer in plaas van buite teen die muur en gee soveel hitte af, dat dit die huisie in 'n sauna omskep. Die huisie is donker binne en die gordyne kan net gedeeltelik opgemaak word om meer lig in te laat, omrede die gordyne bo aan mekaar vasgeknoop is en dus nie kan oopskuif nie. Die badkamer is ook klein en beknop en die stort het nog 'n plastiekgordyn in plaas van 'n stort deur, met die gevolg die badkamer vloer papnat is elke keer as die stort gebruik word. Wat die stortgordyn aanbetref, dit is 2019 mense, nie meer 1975 nie! Jammer, maar vir iemand wat in gerief en gemak wil vakansie hou, kan ek Swartwitpens 2362 nie aanbeveel nie. 3 uit 10.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Jeannette
2362 On Swartwitpens
Beste Jacques, Jammer dat julle alles negatief ervaar het. Ons is die gelukkige posisie dat die huisie was vol bespreek vir Des 18, van ons gaste het weer bespreek en geen ander gaste het gekla nie. Almal het dit baie geniet. Sterkte en voorspoed vir 2019.

Steve D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2017

Was baie baie lekker en wil gou weer kom kuier. Was baie lekker, tot 'n volgende keer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeannette
2362 On Swartwitpens
Beste Steve, Dit was n voorreg om julle te kon akkomodeer. Baie dankie vir die mooi terugvoer. Ek stuur dit vir die skoonmaak span. Kom gerus weer. Groete, Johan en Jeannette

Chanelle G
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2017

Baie baie lekker. Was heerlik en sal definitief terug gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeannette
2362 On Swartwitpens
Beste Chanelle, Baie dankie vir julle mooi kommentaar. Ons waardeer dit baie. Kom weer. Groete, Johan en Jeannette vd Merwe

Lanie M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2017

Uitstekend. Dit was regtig baie lekker, die eienaars was baie vriendelik met die hulp van die TV.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeannette
2362 On Swartwitpens
Jacques en Lanie, Dit was n groot plesier. Jammer weereens oor die ongerief. Groete, Johan en Jeannette vd Merwe

Maria B
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Sep 2017

Dit was 'n groot avontuur gewees. Ons het heerlik gekuier saam met ons vriende. Die natuurlewe was fantasties gewees. Die huis was skoon en ons het die braai area baie geniet.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jeannette
2362 On Swartwitpens
Beste Maria, Baie dankie vir julle kommentaar. Ons waardeer dit. Kom gerus weer. Johan en Jeannette

Louis B
Lang verblyf Gesin met tieners
4.6
Jul 2017

Rustig met net diereklanke en my gesin se stemme in my ore - salig! Die huisie is knus en uitstekend toegerus. Heerlike gesinstyd en genoeg ruimte om ook alleen tenkies vol te maak. Ek kon kilometers ver stap, verf, lees, legkaart bou, bak en brou, my man kon elke dag alleen braai en saans buite vir die vuur kyk, en die kinders kon lees en speletjies speel.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Jeannette
2362 On Swartwitpens
Baie dankie, dis lekker om dit te lees. Kom gerus weer. Groete, Johan en Jeannette

Jannie S
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Mei 2017

Het net daar geslaap. Was die hele dag vir 8 dae in die wildtuin. Om die huis sleutels te kry was 'n probleem. Geen kaart van Marloth Park gehad nie. Die rigtingaanwysers wat ons van die hek gekry het was totaal onduidelik. Ons het heen en weer gery vir 'n driekwartuur voordat ons self 'n Field Security bakkie voorgekeer het om ons te help. Daarna was dit maklik. Ons het van Brakpan af Marloth toe gery, ons 4 is almal bo 70 en het regtig nie die ongerief nodig gehad om die sekuriteitskantoor te soek om die sleutel te kry nie! 'n Kaart van Marloth wat duidelik die nodige plekke aanwys sou al die ongerief uitgeskakel het! Die res van die verblyf was baie goed!

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Jeannette
2362 On Swartwitpens
Baie dankie vir die terugvoer. Daar is GPS aanwysings, dit is egter duidelik dat n kaart van waarde vir u sou wees. Groete.

Duane N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Jan 2017

Amazing tyd met 'n paar terugslae. Dit was 'n heerlike tydjie in die bos. Ongelukkig was die eerste indruk wat ons gekry het met aankoms nie so verwelkomend nie. Ons moes eers die skottelgoed was, wat in 'n power kondisie was en die huis uitvee. Die kamer waaiers was vuil en die een bank in die voorhuis was gebreek en geen mens kon op hom sit nie. Dit het sommer dadelik die atmosfeer geskep vir teleurstelling. Maar na alles in plek en reg was het ons ons tydjie geniet.

Netheid
2.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Jeannette
2362 On Swartwitpens
Beste Duane en Gesin, Nogmaals baie dankie dat julle ons huisie gebruik het. Die dame wat vir daardie huise se skoonmaak verantwoordelik was het probleme ontwikkel, en het bedank terwyl julle daar was. Sy het verduidelik van die huisie wat nie op standaard was. Ons was so gelukkig om vinnig deur n ander maatskappy 'n skoonmaker te kon kry, veral in ag genome die skool vakansie. Was dit nie vir julle geduld en samewerking nie sou dit baie moeiliker gewees het. Ons is egter dankbaar julle het die vakansie geniet. Groete Johan en Jeannette vd Merwe

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Jeannette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R899
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R899
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Swartwitpensweg 2362, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU0YjA2YTJhLWQ0NmEtNDE4NC04MzU2LWFiODFiMDRkZTU2Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R899 per nag (plek vir 4) 13 5 1 5 2362 Swartwitpens Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -25.34106 31.78165

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang