24 Degrees Self-Catering
- Kapasiteit: 21 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 24 Degrees South, R531, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
24 Degrees Self-Catering is 25 km vanaf Hoedspruit op die R531 geleë. Die eiendom is in 'n natuurreservaat van 90 ha geleë en spog met manjifieke uitsigte oor die Blydeberge; en is naby die Blyderivier-canyon en die Krugerwildtuin. Dit is die ideale basis terwyl jy die Laeveld verken.
Daar is 6 selfstandige eenhede. Die Bush View Chalets het 'n oopplan-sitkamer met 'n kombuisie. Basiese geriewe om maaltye voor te berei sluit 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, yskassie en ketel in. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n verskeidenheid DStv-kanale. WiFi-toegang is ook beskikbaar. Elke chalet het 'n onderdakstoep met buitemeubels en braaigeriewe. Veilige parkeerplek word voorsien.
Waterside Cottage is 'n oopplan-kothuis op 'n lieflike dam met 'n omheinde tuin, boma en plonspoel. Die kothuis beskik oor 2 en suite-slaapkamers, daar is 'n volledige kombuis, eetkamer en sitkamer met 'n toegeboude dek.
Studio Apartment is 'n oopplan-woonstel met 'n volledig toegeruste kombuis, sitkamer, eetkamer en omheinde dek wat oor die berge uitkyk. Dit bestaan uit 2 slaapkamers en 2 badkamers asook 'n kantoor en boma.
Farm House is 'n goed uitgelê 3 slaapkamer 2 badkamer huis, met 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamer en sitkamer. Dit het 'n buitebraai-area wat uitkyk op die natuurreservaat.
Red Rock Villa is 'n moderne oopplan-ensuite met 1 slaapkamer met 'n volledig toegeruste kombuis, stoepbraai en 'n privaat swembad.
Elke eenheid is ten volle toegerus om te help tydens beurtkrag. Die gashere het verseker dat daar ligte, water, Wi-Fi, battery-aangedrewe waaiers en 'n gasstoof is.
24 Degrees South is 'n klein privaat natuurreservaat en gaste is welkom om op die perseel te stap en fiets te ry.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Tegan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 24 Degrees South, R531, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Gaste dink 24 Degrees Self-Catering het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hoedspruit Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 21 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 24 Degrees South, R531, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang