24 Onvrey Guest House
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 28 Mrt 2025 tot 30 Apr 2025.
- Kapasiteit: 51 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vrey-straat 24, Beyerspark, Boksburg, 1459, Gauteng
-
Vanaf
R1 000R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
24 Onvrey Guest House is 'n gastehuis met baksteenmure binne en buite, en is geleë in die lowerryke voorstad Beyerspark, net oos van Johannesburg. Dit is net 7 minute vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe en bied aan sakereisigers en vakansiegangers luukse en unieke verblyf.
Verblyf is beskikbaar in executive, korporatiewe, gesins- en wittebroodkamers wat dit die ideale akkommodasie-opsie vir gaste wat die area besoek maak. Geriewe in die kamers sluit lugversorging, privaat óf en suite-badkamers en 'n TV met sekere DStv-kanale en Internet in.
Jy kan jou dag afskop met 'n heilsame ontbyt, terwyl jy kyk na die koivisse in die dammetjie, die voëls in die tuin, of lees 'n boek of tydskrif in ons sitkamer-biblioteek met 'n lieflike atmosfeer en gemaklike meubels.
24 Onvrey Guest House is sentraal geleë, minder as 8 km vanaf die East Rand Mall, Carnival City, Emperors Palace, restaurante, flieks, teaters, Summer Place en Birchwoord se trou- en konferensiesentrums en 3 privaat hospitale. Die beleefde personeel sal jou graag bystaan as jy die omgewing se besienswaardighede wil verken, spesiale uitstappies wil beplan of 'n pendeldiens na die lughawe wil reël.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Dawie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 80
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Vrey-straat 24, Beyerspark, Boksburg, 1459, Gauteng
- Gaste dink 24 Onvrey Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 51 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vrey-straat 24, Beyerspark, Boksburg, 1459, Gauteng