25 Martinique Apartment
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rock-laan 2, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
25 Martinique Apartment is 'n pragtige selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in Shakas Rock en is 'n ideale opsie vir 'n gesinsvakansie aan die Dolfynkus aangesien dit naby die gewilde Thompsonsbaai geleë is en spog met asemrowende see-uitsigte.
Dié woonstel op die eerste verdieping het 'n kapasiteit van 5 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed. Hierdie kamer beskik ook oor 'n volledige en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en maak gebruik van die tweede badkamer wat 'n stort het. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Langs die sitkamer is 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek sodat gaste hul maaltye saam kan geniet.
Deur die skuifdeure is daar 'n sonnige patio met 'n buite-etenstafel en 'n gasbraai wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte in die verte bewonder. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Melanie Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 14
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Rock-laan 2, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Shaka's Rock Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rock-laan 2, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang