256 on Lincoln
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lincoln-laan 256, Blackrock, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 000R900 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
256 on Lincoln is 'n lieflike tuinkothuis op die eienaar se eiendom in die hartjie van Port Edward en dit is ideaal vir 'n klein gesin. Dié kothuis is omhein om honde veilig te hou terwyl hulle buite speel.
Hierdie kothuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer, asook 'n en suite-badkamer. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie strand handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis en 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank wat vir 2 kinders geskik is. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n etenstafel toegerus. Die sitarea het ook bordspeletjies en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n stoep met braaigeriewe. Veilige parkeerplek vir 'n voertuig en 'n sleepwa is ook beskikbaar. Die kothuis is sowat 1 km vanaf die strand, sowat 100 m vanaf Port Edward Buiteklub en 5 km vanaf Wild Coast Casino geleë
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
Dienste
- Internet koppeling
- Diens op aanvraag
- Koordlose internet
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Natasha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Lincoln-laan 256, Blackrock, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 256 on Lincoln het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lincoln-laan 256, Blackrock, Port Edward, 4295, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang