Penthouse @ 259 On Beach
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Worcester- en Kusweg, Seepunt, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R4 400 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Penthouse @ 259 On Beach is 'n smaakvol versierde dakwoonstel in 'n veilige gebou teen die see in Seepunt in Kaapstad. Die woonstel spog met 'n uitstekende uitsig oor die see van die leefarea en balkon af.
Die woonstel op die boonste verdieping het slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 en 'n halwe badkamers. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, aantrekkamer en 'n en suite-badkamer met 'n aparte stort en bad. Gaste kan die uitsig op Leeukop vanuit die bad waardeer. Daar is 'n warm en knus tweede slaapkamer met 'n dubbelbed. Die kamer maak van 'n aparte, klein badkamer met 'n stort en 'n toilet gebruik. 'n Ekstra slaapbank met beddegoed kan in die eetarea voorsien word vir 1 volwassene of 2 kinders.
Die ten volle toegeruste kombuis sluit 'n wasmasjien, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, yskas, stoof, oond en 'n aparte waskamer met 'n tuimeldroer. Die oopplan-eetarea en -sitarea langsaan het 'n TV met sekere DStv-kanale.
Die leefarea lei na 'n groot balkon vanwaar gaste die see sal ruik en die sonsondergang kan dophou, terwyl hulle skemerkelkies drink en 'n vleisie oor die kole gooi.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.9/5
Robyn Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 3
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Hoek van Worcester- en Kusweg, Seepunt, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Gaste dink Penthouse @ 259 On Beach het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Seepunt Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Worcester- en Kusweg, Seepunt, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap