26 Bronze Beach
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 62, Bronze Beach, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 890 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
26 Bronze Beach is 'n lieflike selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige kompleks wat in die hartjie van Umhlanga geleë is. Dit kan 'n wonderlike opsie wees vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende aangesien hierdie eenheid 'n see-uitsig en 'n swembad op die perseel het.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Boonop het hierdie spasie 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet.
Deur die stapeldeure is 'n onderdakbalkon met buitesitplek en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die uitsigte bewonder. Gaste het ook volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Martin Geverifieer
Eiendomme 74
Resensies 135
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Lagoon-rylaan 62, Bronze Beach, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 26 Bronze Beach het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lagoon-rylaan 62, Bronze Beach, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang