Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

26 on Winburg

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Winburgstraat 26, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

26 on Winburg is in die klein dorpie Hartenbos tussen George en Mosselbaai geleë. Die woonstel is 1,2 km vanaf Hartenbosstrand en net 400 m vanaf 'n verskeidenheid winkels geleë.

Die eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes met 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-leefarea en 'n goed toegeruste kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 1 stapelbed. Elke slaapkamer het sy eie badkamer met stort, wasbak en toilet. Alle beddegoed word voorsien, maar gaste moet eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof en elektriese oond, mikrogolfoond, ketel en broodrooster. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met volledige DStv-kanale. Onbeperkte Wi-Fi is beskikbaar.

Veilige onderdakparkeerplek vir 2 voertuie beskikbaar. Buitebraai beskikbaar.

Die eenheid is slegs 700 m vanaf die strandfront, 800 m vanaf ATKV Amfiteater geleë.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Pieter B
Gesin met klein kinders
5.0
Awesome accommodation for a family with children and a very convenient location. Excellent stay and will definitely go back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Mollie D
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Dit was baie heerlik, dit is stil, veilig, netjies en alles wat jy nodig het. Ons sal definitief weer daar slaap. Baie dankie vir die gasv...
Sien meer
Mrt 2024
Lluwellyn M
Gesin met tieners
5.0
Home away from home. Baie dankie Kotie en Jan vir julle gasvryheid. Ons het die naweek terdeë geniet. Die wooneenheid was perfek en het aan al ons ges...
Sien meer
Aug 2023
Bennie V
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was puik. Mal oor die plek. Ek beveel dit vir enige iemand aan. Ons het ongelooflik lekker gebly.
Jul 2023
Patrick H
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, veilig, salig en stil. Ons gasheer en -vrou is die viendelikste mense. Ons is goed ontvang en alles, letterlik alles was in plek. Skoon, netji...
Sien meer
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Kotie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Winburgstraat 26, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink 26 on Winburg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Winburgstraat 26, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApg5vgv60Fc0Cmpt2TcMhAP7cMiQYl1G5TuEhgwvEZas76zGtIx?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 4) 22 5 1 5 26 Winburg Street Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.119774 22.114322

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang