Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

28 on Twist

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Twiststraat 28, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

28 on Twist bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike vakansiehuis met see-uitsigte. Hierdie smaakvol gemeubileerde vakansiehuis is net 250 m vanaf Castle Beach, die hoofswemstrand in die kusdorpie Pearly Beach, geleë. Pearly Beach is langs die trekwalvisroete geleë, so die ligging is ideaal vir walviskyk in seisoen.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n platskerm-TV en 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, 'n toilet en dubbele wasbakke. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en word via 'n leer bereik. Die derde slaapkamer het ook 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n aparte gastetoilet.

Die huis het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, 'n oond en stoof, 'n skottelgoedwasser en 'n mikrogolfoond. Die eetarea het 'n etenstafel en stoele met sitplek vir 8. Die sitkamer het 'n L-vormige rusbank en 'n kaggel. Daar is 'n aparte TV-kamer met rusbanke en 'n platskerm-TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale.

Stapeldeure maak oop na 'n dek met buite-eetmeubels, sitplek, 'n dagbed, 'n hangmat en 'n ketelbraaigerief, asook 'n vuurput met sitplek. Gaste kan pragtige sonsondergange vanaf die dek geniet. Daar is ook 'n buitestort om af te spoel na 'n dag op die strand.

Veilige parkeerplek word in 'n outomatiese motorhuis voorsien. Daar is palissade-omheining rondom die huis met elektriese heining vir jou sekuriteit. Daar is 'n outomatiese hek en die huis het ook 'n alarmstelsel wat aan 'n sekuriteitsmaatskappy gekoppel is.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 28 resensies vir 28 on Twist
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Twiststraat 28, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink 28 on Twist het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Twiststraat 28, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa5b2608a4196582e4e586b922d87e4c457e17d48577adeb46664ceab33ada9249b9184d91bf8da4f9cb3b829e1d4bfe21d87?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 6 mense 28 5 1 5 28 Twist Street Pearly Beach 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.660608226103 19.48867664418

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang