Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

282 Guesthouse

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cilliers-laan 282, Lyttelton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
  • Vanaf R520 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

282 Guesthouse is in Lyttelton, Centurion geleë en bied gerieflike verblyf in 'n privaat selfsorg-eenhede. Die eiendom is ongeveer 4,3 km vanaf Waterkloof Lugmagbasis en ongeveer 2 km vanaf Netcare Unitas Hospitaal geleë.

Dié gastehuis het 2 selfsorg-eenhede wat elk 4 gaste kan akkommodeer. Eenheid A het 'n slaapkamer wat ingerig is met 'n koningingrootte-bed terwyl Eenheid B 'n dubbelbed bevat. Elkeen van hierdie leefvertrekke het 'n slaapbank vir ekstra gaste. Die eenhede het badkamers met net 'n stort of beide 'n bad en stort. Die kombuise is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe.

Gaste het toegang tot gratis onderdakparkeerplek en 'n afstandbeheerder vir die hek. Die eenheid word twee keer per week skoongemaak, 'n addisionele diens is beskikbaar op versoek tydens bespreking.

Die voorstad Lyttelton is sentraal geleë en bied toegang tot omliggende hoofweë, Pretoria, Midrand en Johannesburg. Daar is bioskope, restaurante, kruidenierswinkels en verskeie winkelsentrums in die area geleë. Centurion-winkelsentrum is ongeveer 6 km ver. Vir gaste se gerief is daar 'n wassery sowat 3 km verder, wat 'n was-, droog- en strykdiens verskaf op 'n weg-en-gaan of op 'n selfbediening-basis.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Garry F
5.0
Fantastic. Great stay, no negative comments.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Bradley P
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly. Verskriklik lekker!
Feb 2024
Miekie F
Saam met lewensmaat
5.0
Plek is soos jou eie huis met als wat jy nodig het. Vriendelike ontvangs en eienaar het ons van alle inligting voorsien rakende roetes, liggings ens.
Jan 2024
Eddie C
Gesin met tieners
5.0
Waarde vir geld, skoon, netjies, vriendelik. Ons het werklik lekker gebly. Ben en Claudette is werklik die beste gasheer en vrou wat ons in 'n lang ty...
Sien meer
Jan 2024
Gerda C
Saam met lewensmaat
5.0
Soos jou eie tuiste. Kan nie vir beter vra nie. Ons het 'n baie vriendelike ontvangs gekry van die eienaars. Die verblyf was wonderlik en het gevoel s...
Sien meer
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ben Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Cilliers-laan 282, Lyttelton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
  • Gaste dink 282 Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R520
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R520
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cilliers-laan 282, Lyttelton Manor, Centurion, 0157, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAab804a7edc32aae9e1f0f329f23764d64f1427235417e4097d48f25a9d7ab826384f7da0ff04594da21d4f06dab7dd4313dc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R520 per nag, vir 2 mense 17 5 1 5 282 Cilliers Lane Lyttelton Manor 0157 Gauteng 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -25.819777696395 28.201074790177

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang