Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

29 @ Kamma

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van die R102 en R402, Oudebosch Plaas, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Vanaf R3 600 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

29 @ Kamma bied selfsorgverblyf in die kusdorpie Eersterivier in Tsitsikamma. Die huis is naby die see en is ideaal vir 'n gesin of groot groep natuur- en kusliefhebbers.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 13 gaste met 'n maksimum van 8 volwassenes en 5 kinders. Daar is 6 slaapkamers en 2 aparte badkamers. Een van die slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n toilet. Daar is 3 slaapkamers en 1 badkamer op elke verdieping. Elke badkamer het 'n stort en wasbak. Twee van die slaapkamers op die boonste verdieping het elk 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste slaapkamer op die grondverdieping het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n enkel- en stapelbed. Elke verdieping het 'n leefarea en kombuis.

Elke kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n ketel toegerus. Die kombuis op die boonste verdieping lei na 'n oop leefarea met 'n etenstafel vir 8 en oorgenoeg sitplek voor 'n platskerm-TV. Dié area lei na 'n groot dek met 'n braai-area en see-uitsig. Die kombuis op die grondverdieping het 'n etenstafel vir 4 en lei na 'n sitarea met gemaklike rusbanke voor 'n platskerm-TV. Verder is daar 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n strykyster.

Daar is parkeerplek langs die huis en dit sluit 2 onderdakparkeerplekke in.

Daar is rotspoele voor die huis waarin gaste kan swem en die Eersterivierstrand is 500 m vanaf die huis. Kinders moet onder volwassene-toesig wees wanneer hulle in die rotspoele swem.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 6 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xKinderbed vir 1
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 6
Plek vir 3 mense
1 xKinderbed vir 1
1 xKinderstapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Penny Geverifieer

Eiendomme 13

Resensies 163

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Hoek van die R102 en R402, Oudebosch Plaas, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Gaste dink 29 @ Kamma het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van die R102 en R402, Oudebosch Plaas, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf46fc0815dbdd26b1e6e555fa41a2cc891d0ff5d72263f589deab5f4631f89e93664298130f5fe306cb5fee2c4edc1533a5c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag, vir 8 mense 2 5 1 5 Corner of R102 and R402 Oudebosch Farm 6308 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.073780839894 24.227455960414

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang