29 Doornkop Fish and Wildlife Reserve
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Doornkop Visvang- en Wildreservaat, Carolina, 1185, Mpumalanga
- Vanaf R1 950 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
29 Doornkop Fish and Wildlife Reserve is 'n selfsorg-lodge in 'n wildreservaat, sowat 27 km vanaf Carolina in Mpumalanga. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf, ver vanaf die stad se gewoel, maar na aan verskeie doendinge.
Dié lodge is volledig gemeubileer en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Elke kamer het óf 1 dubbelbed óf 2 enkelbeddens en daar is 'n bad, wasbak en toilet in elke badkamer. Die kombuis is goed toegerus vir gaste wat self maaltye wil voorberei en beskik oor al die toebehore wat jy sal nodig hê.
Die sitkamer het netjiese rusbanke, 'n kaggel, en daar is 'n TV met volledige HD DStv. Die leefarea bied toegang tot die patio op die boonste verdieping met gasbraaigeriewe. Op die onderste verdieping is daar 'n grasdaklapa geskik vir braai en vuurmaak. Die reservaat bied 'n klubhuis, gemeenskaplike swembaddens, braai-areas, 'n speletjieskamer, gimnasium, voetslaanroetes en 'n bergfietsryroete.
Vir die avonturiers bied die reservaat en omliggende omgewing 'n groot verskeidenheid doendinge, soos wildritte, 4x4- en bergfietsroetes, voetslaanroetes, visvang, swem in die rivier en voëlkyk-geleenthede, om maar 'n paar te noem.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Reisigerstjeks
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Angus Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Doornkop Visvang- en Wildreservaat, Carolina, 1185, Mpumalanga
- Gaste dink 29 Doornkop Fish and Wildlife Reserve het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Carolina Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Doornkop Visvang- en Wildreservaat, Carolina, 1185, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang