Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

2 Op Terblanche

Gastehuis

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.2
Veiligheid
4.7
Pierre V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Sal weer gaan. Waarde vir geld en baie vriendelike en veilig. Baie netjies en privaat. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andre
2 Op Terblanche
Hi, baie dankie vir julle verblyf by ons. Ons sien uit om julle weer te verwelkom.

Nkosingiphilesabelo M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2023

Good, clean and safe. Stay was good, although it was for one night.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andre
2 Op Terblanche
Hi there, thank you for your stay with us. We hope to host you for even longer next time.

Mike B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Vicky was baie bedagsaam. Ons het 2 eenhede bespreek en sommer na die honeymoon-suite verniet ge-upgrade op die aand. Ons sal definitief weer hier kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andre
2 Op Terblanche
Hi, baie dankie vir julle verblyf by ons. Ons sien uit om julle weer te verwelkom.

Izaak S
1 nag
4.8
Mrt 2024

Rustige en veilige atmosfeer. Als was net soos op die fotos. Miskien kan hulle belê in 'n klein kroeg yskas vir elke kamer. Net om melk en koeldrank koud te hou. Verder was daar koffie en 'n ketel. Die badkamer is lekker groot en die klerekas is meer as voldoende. Die lugversorger werk soos 'n droom en als was skoon en netjies met ons aankoms.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Andre
2 Op Terblanche
Hi, ons het yskaste in die kamers gehad, maar dan kla die mense dat die '' geluid hulle in die aande pla. So nou het ons die een wat jy in die bar area kan gebruik. Baie dankie vir jou terugvoering. Goed gaan.

Jannie O
1 nag Saam met lewensmaat
3.0
Jun 2024

Pragtige gordyne en dekor. Skep indruk van 'n stoorkamer. Beïndruk nie. Kamer was nie wat ons bespreek het nie. Lyk meer na 'n stoorkamer met 2 dubbelbeddens in die hoeke vasgedruk sodat net aan een kant op en af geklim kan word. Moeilik vir ons ouer persone om oor mekaar te klouter in die nag. Baie beknop met oefenapparaat en allerhande stoorgoed wat die vertrek volstaan. Gastehuis se telefoon lui in die kamer met foon daar. Rekenaar ook in die kamer. Geen ontbyt word bedien nie. Nie eens by aanvraag nie.

Netheid
2.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Andre
2 Op Terblanche
Hi daar Jannie. Ek is nou nie seker of ek die regte mense hier het nie, het julle nie gebel ek en versoek vir 'n kamer met 2 beddens nie? Toe verduidelik ek dat die kamer wat bespreek was, het net 1 queen bed in en ek het 'n baie groter kamer beskikbaar wat 2 queen beddens in het. En dit is hoekom julle toe na daai kamer geskuif is. Dié kamer gebruik ons nie gewoonlik nie, want ons hou dit vir oorvloedige bespreekings. Die rekenaar box by die TV is sodat mense Youtube en DSTV kan kyk want die TV is nie 'n "smart TV" nie. Die oefenfiets is vir die gaste wat graag cardio wil doen voor hulle dag begin. In die kwotasie, vra ons dat julle asb. 'n dag voor inklok moet reel vir ontbyt, want omdat so min mense ontbyt hou ons nie kos aan nie, want dit raak af en dit word gemors. So dan gaan koop ons die bestandele die dag voor die tyd. Ons vra dat julle ons weer 'n kans sal gee om dit reg te maak vir julle en sal 'n gratis ontbyt aanbied en julle in die kamer sit wat julle oorspronklik bespreek het. Het julle eenige van die bogemelde probleme opgebring toe julle in die kamer ingaan? Ons kon julle dadelik oorgeskuif het na die kamer wat julle oorspronklik bespreek het; dit het leeg gestaan daai aand.

Mariaan B
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jan 2023

Een aand oornag. Die verblyf het in al ons behoeftes voorsien en ons het goed gerus na 'n lang dag op die vliegtuig. Ontbyt (opsioneel) was uit die boonste rakke.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andre
2 Op Terblanche
Hi, ons is bly dat julle julle verblyf by ons geniet het. Tot die volgende keer.

Rina O
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Mrt 2023

Verblyf was gemaklik en skoon. Diens vriendelik. Sien sterre.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andre
2 Op Terblanche
Baie dankie vir die review. Andre.

Jacques V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2022

Eenheid is baie groot en netjies gewees. Ons het dit baie geniet om by die plekkie te bly. Baie goeie diens ontvang en die eenheid was mooi, groot en baie netjies gewees. Veilige parkeering vir my kar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andre
2 Op Terblanche
Hi daar. Dankie vir julle resensie. Ons is bly dat julle julle verblyf by ons geniet het. Tot ons julle weer sien, gaan goed.

Riaan V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2022

Ongelooflike waarde vir geld. Puik kliëntediens. Baie lekker braai-area tot beskikking, naby alles.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andre
2 Op Terblanche
Hi, Baie dankie, bly om te weet dat alles reg was vir julle. Tot volgende keer. Goed gaan.

Karet T
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2022

Vriendelike ontvangs. Netjies en skoon. Goeie kliëntediens. veilige parkeerplek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andre
2 Op Terblanche
Hi, Baie dankie, bly om te weet dat alles reg was vir julle. Tot volgende keer. Goed gaan.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Andre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 82

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Terblanchestraat 2, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeb8bc11850b8c1bcaaa08590ed402cc122aa5fe5c9baabd2ede30466c6634cf880d178b49d682c9ee7aca575a20bf0ccd9ca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 82 5 1 5 2 Terblanche Road Bardene 1459 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -26.177455386449 28.265515565872

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang