Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

2 Op Terblanche

Gastehuis
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Terblanchestraat 2, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

2 Op Terblanche bied jou 'n vreedsame tuiste in 'n boomryke woonbuurt, Bardene, in Boksburg. Ons is slegs 10 minute se ry van die lughawe af ('n pendeldiens is beskikbaar) en is dus ideaal vir gereelde besoekers of sakereisigers in dié area.

Daar is 3 individueel versierde gastekamers met koningingrootte-beddens en en suite-badkamers. Elke kamer het 'n 32" platskerm-TV met OVHD satelliet-toegang, koffie- en teemaakgeriewe en WiFi. Die gemeenskaplike ontspanningsarea bied 'n keur leesboeke, DVD/Blu-Ray. Ons bied ook dienste vir sakereisigers soos fotokopiëring, skandering- en drukgeriewe.

Word wakker en begin jou dag met 'n heerlike Kontinentale ontbyt teen 'n ekstra koste in die gerieflike eetarea of 'n wegneem-ontbytpakkie vir die doutrappers. Die gastehuis het 'n pragtige ontspanningsarea vir ligte middagetes en daar is ook 'n ingeboude braai-area en 'n kroeg. Geen alkohol word op die perseel verkoop nie en ons vra ook nie kurkgeld nie. Daar is ook glase en ys tot jou beskikking. Die ontspanningsarea en al die slaapkamers het deure wat lei na die skitterende swembad en ontwerperstuin.

Ons is binne stapafstand van 'n verskeidenheid doendinge soos 'n keuse van winkels, die Virgin Active-gimnasium en die Birchwood Hotel en Konferensiesentrum. Die Boksburg-meer is 'n gewilde plek om boot te ry, te hengel, watersport te beoefen en te gaan stap. Die East Rand Mall is een van die mees populêre en grootste winkelsentrums in Johannesburg en bied sowat 170 verskillende winkels en uitgebreide ontspanningsgeriewe. Emperor's Palace en Carnival City is albei binne 15 minute se ry van ons af.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.2
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Pierre V
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer gaan. Waarde vir geld en baie vriendelike en veilig. Baie netjies en privaat. Baie dankie.
Feb 2024
Nkosingiphilesabelo M
Saam met lewensmaat
5.0
Good, clean and safe. Stay was good, although it was for one night.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Mike B
Saam met lewensmaat
5.0
Vicky was baie bedagsaam. Ons het 2 eenhede bespreek en sommer na die honeymoon-suite verniet ge-upgrade op die aand. Ons sal definitief weer hier kom...
Sien meer
Sep 2023
Mariaan B
Gesin met tieners
5.0
Een aand oornag. Die verblyf het in al ons behoeftes voorsien en ons het goed gerus na 'n lang dag op die vliegtuig. Ontbyt (opsioneel) was uit die bo...
Sien meer
Jan 2023
Izaak S
4.8
Rustige en veilige atmosfeer. Als was net soos op die fotos. Miskien kan hulle belê in 'n klein kroeg yskas vir elke kamer. Net om melk en koeldrank k...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Andre Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 82

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Terblanchestraat 2, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
  • Gaste dink 2 Op Terblanche het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Geen kinders onder 16
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Terblanchestraat 2, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeb8bc11850b8c1bcaaa08590ed402cc122aa5fe5c9baabd2ede30466c6634cf880d178b49d682c9ee7aca575a20bf0ccd9ca?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 82 5 1 5 2 Terblanche Road Bardene 1459 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -26.177455386449 28.265515565872

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang