Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

3 Karlin On The Beach

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Linkweg 3, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

3 Karlin On The Beach is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in Freeland Park, naby die goue sand van Scottburgh Beach. Of jy nou 'n sonsoeker, 'n watersport-entoesias is, of bloot op soek is na 'n rustige plek om te ontspan, jy sal dit alles net 'n entjie van jou voorstoep af vind.

Dié dubbelverdieping-eiendom bied gerieflike slaapplek vir altesaam 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers is albei ingerig met 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is in albei badkamers beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vanuit hierdie kombuis lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Die boonste vlak van hierdie huis maak oop op 'n balkon wat pragtige see-uitsigte het, terwyl die onderste vlak uitloop op 'n patio met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Stephen Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 13

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Linkweg 3, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Linkweg 3, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8fd8b96d687c4a345d5532e29edb737b168bc00d013df683759ab2a8de844f6252ecfcb7d818e7f4d6fe0c90b06c7bb8a9da?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag (plek vir 6) 3 Link Road Freeland Park 4180 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -30.275417641329 30.759272411823

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang