Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

3 on Greger Accommodation

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Gregerstraat 3, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

3 on Greger is 'n netjiese en gerieflike selfsorg-eenheid met 2 en suite-kamers. Dis sentraal geleë is in 'n stil woonbuurt in Mbombela (Nelspruit). Dit is naby skole, winkelsentrums en mediese geriewe.

3 on Greger Gesinseenheid het slaapplek vir tot 3 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n volledig toegeruste kombuis. Die eerste slaapkamer het lugversorging en 'n koningingrootte-bed en oorgenoeg kasruimte. 'n Slim-TV, WiFi, en 'n USB-muurprop is beskikbaar. Daar is 'n enkelbed in die tweede slaapkamer. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Let asb. dat hierdie eenheid nie 'n sitarea het nie.

Die Zebra Suite het 'n koningingrootte-bed, en is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas, stoof, en 'n mikrogolf. Die stort is ekstra groot. Die eenheid het ook lugversorging, 'n slim-TV, gratis WiFi, en 'n USB-muurprop.

Die 2 nuwe en suite-kamers, Kingfisher en Tauraco het elk 'n koningingrootte-bed, yskassie, ketel, koffiemaakgeriewe, 'n mikrogolf, haardroër en 'n strykyster. Die badkamer het 'n skuifdeur, groot stort, wasbak en toilet. Die kamers het elk lugversorging, 'n slim-TV, gratis WiFi, en'n USB-muurprop,

Veilige parkeerplek is beskikbaar. Gaste het ook toegang tot die swembad op die perseel.

'n Wasgoed- en strykdiens kan gereël word. 'n Pendeldiens na die lughawe, mediese geriewe of winkelsentrums kan gereël word teen 'n ekstra koste.

Daar is 2 honde, Leila en Dust, op die perseel wat ook daarna uitsien om gaste te verwelkom.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 170 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Roanne B
Gesin met tieners
5.0
Netjies en gerieflik. Baie dankie Lekkaslaap vir die goeie akkommodasie wat julle aanbeveel het. Ons het slegs daar oornag, maar dit was baie geriefli...
Sien meer
Jul 2024
Hansie S
Saam met lewensmaat
5.0
Innibos was n sukses soos gewoonlik! Nelspruit omgewing baie mooi omgewing! Baie mooi en netjiese selfsorg-eenheid, sal vir seker aanbeveel en weer da...
Sien meer
Jun 2024
Danelle L
5.0
Cottages are clean and well maintained. Lani gives attention to detail. The staff are very welcoming and friendly. Conveniently located...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Lezelle R
Gesin met klein kinders
5.0
Comfortable and cosy. Thank you Lani for the warm welcome!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
Zain K
Saam met vriende
5.0
Excellent! The owner Lani was absolutely phenomenal as a host. The rooms were extremely neat and clean. Coffee, tea and hot chocolate w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Lani Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 170

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Gregerstraat 3, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink 3 on Greger Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Gregerstraat 3, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA29r7NgRMejzlLoUURkdyiQ33pI1lQoqfmh6lHajNb8h19f6ZYd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 170 5 1 5 3 Greger Street Mbombela (Nelspruit) 1200 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -25.481306222408 30.980495160713

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang