3 Shelly Beach
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Shelly Kusweg 3, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
3 Shelly Beach is 'n oulike selfsorghuis in die dorpie Port Alfred in die Oos-Kaap. Die ruim huis is perfek vir gesinne of 'n groep van 6 gaste wat op soek is na 'n gerieflike en privaat oord naby die strand.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die derde slaapkamer het 'n enkelbed en 'n matras wat perfek is vir 'n kind. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek, gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Gaste moet hulle eie slimkaart saambring. WiFi is ook beskikbaar.
Die huis spog met 'n onderdakstoep en 'n area met 'n Jacuzzi, braaigeriewe en 'n pizza-oond wat perfek is vir kuier en ontspan. Daar is 'n ruim grasperk met 'n speelarea wat swaaie, 'n sandbak en 'n glybaan insluit. Die eiendom is omhein en in 'n veilige area. Gaste het ook toegang tot 'n buitestort wat dit maklik maak om die seesand en -water na 'n dag by die strand af te spoel.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Shelly Kusweg 3, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Shelly Kusweg 3, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap