30 The Bridge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mckenziestraat 18 tot 22, The Bridge Apartments 30, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 550 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
30 The Bridge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n veilige landgoed wat aan die St Lucia-meer-riviermond grens en gereeld deur seekoeie besoek word. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n gesinswegbreek aangesien die landgoed baie doendinge bied om 'n mens se dag te beset.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n bad en 'n stort.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n etenstafel en 'n sitkamer met gemaklike sitplek asook 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n sonnige patio met 'n buite-etenstafel en uitsigte oor die swembadarea. Die ligging van hierdie kompleks is naby 'n verskeidenheid restaurante, kroeë, supermarkte en belangrike toeristebesienswaardighede.
Die iSimangaliso-vleilandpark is net 2 minute se ry weg en bied wildritte deur die park na die goue strande van Cape Vidal asook uitstekende visvangplekke by Mission Rocks en St Lucia Beach. Die Hluhluwe-Imfolozi-park, waar die Groot 5-wilddiere gevind kan word, is net 30 minute se ry weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Pam Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Mckenziestraat 18 tot 22, The Bridge Apartments 30, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 30 The Bridge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in St. Lucia-riviermonding Noordkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mckenziestraat 18 tot 22, The Bridge Apartments 30, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang