302 Kenwyn-on-Sea
- Soos Gesien op Facebook
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Compensation Beach-weg 102D, Kenwyn-on-Sea 302, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
302 Kenwyn-on-Sea is 'n moderne selfsorgwoonstel. Die woonstel bied verblyf aan 8 gaste en het direkte toegang tot die strand en 'n bied lieflike see-uitsig van elke kamer af.
Die woonstel is op die eerste verdieping en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lugversorging, asook 'n en suite-badkamer met 'n dubbel-instapstort, toilet en 'n wasbak.
Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Hierdie kamers deel die gebruik van die tweede badkamer wat ’n stort, bad, toilet en wasbak het. Elke slaapkamer het 'n leefarea met plafonwaaiers en groot vensters.
Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Etes kan by die etenstafel geniet word. Daar is ook 'n strykyster en strykplank, skottelgoedwasser en ’n wasmasjien-tuimeldroër beskikbaar.
Die leefarea het ’n TV met sekere DStv-kanale en lei na die balkon waar daar ’n gasbraai en lieflike uitsigte oor die see is.
Daar is veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Gaste kan voor aankoms reëlings tref as hulle parkeerplek vir meer as 1 voertuig benodig en dit kan 'n ekstra koste beloop tydens die spitsseisoen.
Die kompleks bied direkte toegang tot die hoofswemstrand, en het ook 'n swembad en gemeenskaplike braaigeriewe.
Ongelukkig sal groepe onder die ouderdom van 23 nie toegelaat word nie.
302 Kenwyn-on-Sea is stapafstand van winkels, restaurante en ander besienswaardighede af. Die Zimbali en Umhlali Gholfbane is 10 minute se ry van die woonstel af. King Shaka Internasionale Lughawe is 30 minute se ry ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderstapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Elsbeth Geverifieer
Eiendomme 19
Resensies 107
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Compensation Beach-weg 102D, Kenwyn-on-Sea 302, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 302 Kenwyn-on-Sea het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Willard's Beach Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Compensation Beach-weg 102D, Kenwyn-on-Sea 302, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang