Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

303 Kusweg Tergniet

Selfsorg

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
3.6
Diens
3.9
Veiligheid
4.9
Johan V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2021

Heerlike familie-herinneringe op die see met lieflike uitsig en puik toegeruste huis. Ons het opreg die tyd by Kusweg 303 geniet. Die huis het 'n uitstekende ligging en is baie goed toegerus. Daar is 'n ekstra vrieskas wat gerieflik was vir ons wat as familie kom kuier het vir 3 weke. Die huis is skoon en netjies met 'n tuin vir kinders of 'n klein troeteldier. Ons sal graag weer terug wees en beveel sterk aan vir 'n lekker wegbreek op die strand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lizette C
Kort verblyf Gesin met tieners
2.4
Jan 2021

Area is awesome, maar nie die huis nie. Matte in kamers is 'n groot nee. Hoofslaapkamer se mat ruik sleg (dalk muf). Braai-area was vuil en tuin onnet met klomp Wendy houses in agterplaas. Vir die bedrag wat hulle vra verwag mens meer. Jy wil voel jy is in jou eie huis met wit beddegoed en updated badkamers, behalwe as jy helfte die prys betaal kan jy seker minder verwag. Hoofslaapkamer se stort se drein lê in die stort en is nie in die gat nie. Die skoonmaker het ook baie dinge onklaar gelaat. Dis seker nie die eienaar se skuld nie, hulle gaan nuwer skoonmakers kry. Nee wat ek wil nie plakkies dra in die kamer en shower as ek 2 weke weggaan nie. Ons het kuier kortgeknip en huis toe gekom.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0

Pieter B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2020

Wow, wow, wow! Puik verblyf! Die plek is regtig stylvol toegerus met net die beste! Alles was skoon en op hulle plek. Dankie vir julle omgee!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marius M
Lang verblyf Gesin met klein kinders
2.8
Jan 2020

Ligging is baie goed met goeie see-uitsig en loopafstand van die strand af. Beddens baie ongemaklik en eenheid was nie skoon nie. Die eenheid was nie skoongemaak toe ons daar aangekom het nie, en ek moes oproepe maak om dit te rapporteer. Ons moes toe eers weer ry om en wag dat die skoonmaakspan kon klaarmaak. Die skoonmaakspan het glad nie die vensters gewas nie en dit was baie vuil. Verder is daar geen skoonmaakdiens gewees tydens on 14 dae verblyf nie. Dit maak glad nie vir my sin nie, ten minste een of 2 keer tydens ons verblyf sou welkom gewees het. Daar is 'n lekker opwaskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër wat goed gewerk het. Kombuis is goed ingerig met alles wat jy nodig het. Die sitkamer was gemaklik en het 'n TV met DStv. Die houtdek by die voordeur is beskadig en kan 'n besering veroorsaak. Ek stel voor daar moet hierna gekyk word (los planke). Die eenheid het matte wat nie baie skoon is nie en die eenheid se plumbing is 'n probleem - dreine wat stadig uitloop, reuke in die hoofslaapkamertoilet en lek by tweede badkamer toilet. Die skottelgoedmasjien was nie die skottelgoed skoon nie en kan nie gebruik word nie. Net 5 uit die 6 beddens was oorgetrek en opgemaak - gelukkig was ons net 4 mense en nie 6 nie, anders sou iemand nie 'n bed gehad het nie. As jy hou van 'n harde, ongemaklike bed, dan is dit die plek vir jou. Tuin agter by die braaiplek is baie verwaarloos. Ek beveel aan dat gaste eerder na ander verblyf in Kusweg Tergniet moet kyk - daar is ander plekke wat meer bekostigbaar en beter waarde vir geld is.

Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
1.0
Marcel
303 Kusweg Tergniet
Baie dankie vir die terugvoer. Dit is vir ons belangrik dat gaste hul verblyf moet geniet. Skoonmakers het vasgebrand. Ons het in kontak gebly met gaste en verduidelik. Skoonmakers het ook omverskoning gevra. Hierdie aangeleentheid is aangespreek. Tydens gesprekke met jou was geen foute genoem wat nie opgelos kon gewees het nie. Al ons matrasse is ferm, handelsnaam kan verskaf word op versoek) en ortopedies aangeskryf. Mosselbaai gebukkend onder droogte, tuin dor. Ons wil graag van hulp wees en vergoed vir enige ongerief. Kontak ons gerus.

Andre L
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Apr 2019

Perfekte ligging. Kom altyd terug hierheen. Skoon en goed toegerus.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Deonette S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Mrt 2018

Netjies, lieflik geleë en baie vriendelike diens. Als was presies soos belowe. Heerlike verblyf!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andre L
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Jan 2018

Alles wat jy nodig het. Van braaihout tot ys - alles was voorsien. Die plek is netjies en skoon en die perfekte ligging.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Marcel
303 Kusweg Tergniet
Hi Andre Baie dankie vir die terugvoer, dit word waardeer. Beste groete Yzelle Olivier

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marcel Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 32

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R4 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Kusweg 303, Tergniet, Groot Brakrivier, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIwZDkwNTEzLWQ3MzAtNGUzMy04NzgwLWQzOTU1NzMyMjdlYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 900 per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 303 Kus Road Tergniet 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.071121138542 22.18905217791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang