31 Ocean Breeze
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ellcock-weg 47, Warner Estate, KwaZulu-Natal, 7925, KwaZulu-Natal
- Vanaf R950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
31 Ocean Breeze is 'n grondverdiepingwoonstel met 'n see-aansig. Die woonstel is op Winkelspruit se hoofstrand geleë, wat met haainette en gekwalifiseerde lewensredders beskerm is. Die eenheid is 7 km van die nuwe Galleria- en Arbour Crossing-winkelsentrums af, waar al die groot kleinhandelaars takke het.
Die moderne eenheid bied gerieflike slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis, sitkamer en badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 stapelbeddens in die tweede slaapkamer. Die badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Gaste moet hul eie handdoeke saambring. Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, eetgerei en breekware toegerus. Verder is daar ook 'n privaat stoep, plafonwaaiers en 'n groot platskerm-slim-TV met OpenView-kanale. Die stoep lei na 'n welige tropiese tuin met direkte toegang tot die strand.
Die kompleks het 'n groot swembad met 'n afsonderlike kinderswembad en op die strand is 'n getypoel. Die sentrale grasdak-vermaakarea het braaigeriewe. Die verblyf het afstandbeheerde veiligheidshekke, asook 24 uur-sekuriteit om jou gemoedsrus te waarborg. Elke eenheid het ook 'n sleutel vir die hek wat direk na Winkelspruit se hoofswemstrand lei en het 'n onderdakparkeerplek, met voorsiening vir sleepwaparkeerplek waar nodig.
Die Suncoast Casino-kompleks op Durban se Noord-strand is naby, terwyl gholfgeesdriftiges verskeie toonaangewende gholfbane in die omgewing tot hul beskikking het. 'n Entjie na die noorde is die pragtige Aliwal Shoal-duikplek, waar duikers die bekende Raggie-grot sal aantref, welbekend vir sy Skeurtandhaai. Winkelspruit is ook onder vissermanne bekend vir sy elf-vis (Shad) wat van die rotse af gevang word.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Cheryll Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 64
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Ellcock-weg 47, Warner Estate, KwaZulu-Natal, 7925, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 31 Ocean Breeze het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Warner Beach Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ellcock-weg 47, Warner Estate, KwaZulu-Natal, 7925, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang