Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

31 on Boschendal

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boschendalstraat 31, Van Riebeeckshof, 7530, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

31 op Boschendal is 'n ruim gastekamer vir tot 2 mense in Van Riebeeckshof.

Die lieflike kamer het 'n privaat ingang en maak oop op 'n balkon wat oor die vallei en berge uitkyk. Die kamer het ook 'n skuifdeur wat na die tuin en swembad oopmaak. Die kamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, 'n lessenaar en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Gerieflikheidshalwe word beddegoed, handdoeke en toiletware voorsien.

Die kamer is toegerus met 'n yskassie, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Strykgeriewe, melk, asook jogurt, vrugtesap, beskuit en vrugte word voorsien. 'n TV met DStv, asook gratis WiFi, is beskikbaar.

Gaste word voorsien van 'n sleutel en afstandbeheer, en parkeerplek is agter die hek beskikbaar. Neem asseblief kennis dat die eenheid deel is van die hoofhuis, maar gaste sal hul privaatheid met 'n privaat ingang hê. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

31 op Boschendal is sentraal geleë tussen Kaapstad, Stellenbosch en die Paarl, en verskeie restaurante en winkels is binne ryafstand beskikbaar.

Hierdie eiendom het sonpanele, batterye en 'n omskakelaar, wat verseker dat die krag en Wi-Fi aan bly tydens beurtkrag.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Wynand D
Besigheidsreis
5.0
Goeie waarde vir geld. Baie lekker gebly, baie netjies en skoon. Sal weer daar bly.
Mei 2024
Gerhard K
Besigheidsreis
5.0
Baie gasvry. Baie aangename verblyf.
Feb 2024
Berinda S
Saam met lewensmaat
5.0
31 on Boschendal sien ons gou weer! 31 on Boschendal is 'n pragtige plek! Carla is 'n gasvrye en bedagsame gasvrou.
Jan 2024
Norman D
Saam met lewensmaat
5.0
Hey, elke oomblik geniet. Baie lekker plek, dankie.
Jan 2024
Etienne V
5.0
Ek het welkom gevoel, puik akkommodasie. Die gasvrou was baie vriendelik en akkommoderend. Die kamer en al die geriewe is puik. Baie dankie aan Carla.
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Carla Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Boschendalstraat 31, Van Riebeeckshof, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink 31 on Boschendal het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boschendalstraat 31, Van Riebeeckshof, 7530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJMhHIGS5cgSo8g20RKV5QiqyUESOi6jXIsGwjSNvvqedWnZ9Vd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 31 Boschendal Street Van Riebeeckshof 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.853574290178 18.608809107065

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang