31 on Witzenberg
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Witzenberg Game Park, Boontjiesrivier-plaas, Erfdeel 31, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 200R1 980 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
31 on Witzenberg is 'n bekoorlike huis op 'n wildsplaas net buite Tulbagh. Die oulike huis met sy eie plonspoel bied rustige verblyf op die platteland met 'n pragtige uitsig op die Witzenberge.
Die pragtige selfsorghuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 driewartbeddens en die aparte badkamer langsaan het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, lugbraaier, basiese eetgerei en breekware, asook 'n koffiemasjien toegerus. Dit lei na die sitarea waar daar gemaklike rusbanke, 'n etenstafel en 'n kaggel is.
Die leefarea lei na 'n lieflike stoep, braai-area, plonspoel, sitplek en 'n pragtige uitsig. Hiér kan gaste soggens 'n koppie koffie drink terwyl hulle die rustige atmosfeer geniet.
Gaste kan gaan voetslaan, die bergfietsroetes aandurf, in die gemeenskaplike swembad afkoel en die sebras en springbokke op die voorstoep dophou. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Janet Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Witzenberg Game Park, Boontjiesrivier-plaas, Erfdeel 31, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Gaste dink 31 on Witzenberg het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Witzenberg Game Park, Boontjiesrivier-plaas, Erfdeel 31, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang