Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

314 Nautica

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walvisstraat, De Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R975 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

314 Nautica is 'n pragtig ingerigte, luukse woonstel wat gerieflik geleë is, net 500 m van De Bakke-strand af in Mosselbaai, 'n kusdorpie op die wêreldbekende Tuinroete. .

Die woonstel bestaan uit 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, 'n sitkamer met 'n platskerm-TV en 'n volledig toegeruste kombuis. Die woonstel is op die grondvloer en is maklik bereikbaar. Om ontspanne vakansies te verseker is die woonstel toegerus met 'n wasmasjien, tuimeldroër, sekere DStv-kanale en lugversorging. Die ruim balkon is toegerus met braaigeriewe en het 'n see-uitsig.

Die gebou waarin die woonstel geleë is word goed onderhou, 'n motorhuis met 'n outomatiese deur is beskikbaar en 24/7-sekuriteit verseker rus vir jou siel. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad.

Mosselbaai is net 41 km van George Lughawe af en bied restaurante en geskiedkundige besienswaardighede. Moenie vergeet om 'n wildreservaat of 'n wynplaas te besoek nie. Santos-strand, die gewilde Blouvlagstrand, is net 2 minute se ry van die woonstel af en is ideaal vir besoekers wat dolfyne en walvisse (gedurende die seisoen) wil dophou). Hartenbos se Blouvlagstrand is ook net 8 km van die woonstel af. Mosselbaai is 'n gewilde vakansiebestemming wat veral bekend is vir sy pragtige strande teen die warm Indiese Oseaan.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer

Stort, Toilet

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Rumelda M
Saam met lewensmaat
5.0
314 Nautica is netjies, alles wat jy nodig het en nog meer. Ons het sommer dadelik tuis gevoel.
Apr 2024
Natashia R
Saam met lewensmaat
5.0
Enjoyed my stay. Relaxing. Only negative is that people above us threw their cigarettes on the porch.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Meriesa B
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Baie lekker gebly. Dis was regtig waarde vir geld.
Jan 2024
Dieter P
Saam met lewensmaat
5.0
Luukse, gemaklike en veilige verblyf vir 2 persone. Die woonstel blok is sentraal gelee en 314 Nautica was perfek vir my en my vrou. Die Ironman 70.3 ...
Sien meer
Nov 2023
Annesty V
Saam met lewensmaat
5.0
Was baie lekker. Baie skoon woonplek. Het van alles wat jy nodig het vir 'n vakansie. Het net 'n probleem met die garage gehad wat nie heeltemal wou o...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Heather Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Walvisstraat, De Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink 314 Nautica het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R975
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R975
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Walvisstraat, De Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwZWYxYmJjLTgxMWEtNDViMi04MmVmLTc4NGMzM2M3NjczYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R975 per nag (plek vir 2) 29 5 1 5 Walvis Street De Bakke 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.172031255153 22.122758030891

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang