Breakerview Bay 32
Kry 15% af op alle besprekings wat 5 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nelson-rylaan, Breakerview Bay, Trafalgar, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 150 per nag, vir 10 mense
Beskrywing
32 Breakerview Bay is in Trafalgar, KwaZulu-Natal en het 'n ongelooflike uitsig. Dit is op die derde verdieping, maar is slegs 8 maklike treë van die parkeerarea af. Gaste kan 'n see- en natuur-uitsig vanaf hul bed en vanaf die balkon geniet. Trafalgar-strand is net 'n hanetreetjie ver en daar is 'n voetgangerhek wat direk na die strand lei. Die kompleks het elektriese heinings en wagte wat patrolleer. Trafalgar-strand is in 'n natuurreservaat met sowat 3 km se ononderbroke strand.
Verblyf beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers en is geskik vir 8 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die oorblywende slaapkamers het dubbelbeddens.
Die eerste slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet, bidet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer deel 'n badkamer wat 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet het. Die vierde slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Die woonstel beskik ook oor 'n kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas, mikrogolfoond, broodrooster, koffiedompelpot, wasmasjien, tuimeldroër breekware en eetgerei toegerus.
Die sitarea het 'n TV met DStv Premium-kanale wat teen 'n ekstra koste beskikbaar is. Dié woonstel het sy eie ingang, 2 stoepe en 'n gasbraai.
Geriewe op die perseel sluit veilige parkeerplek in en skoonmaakdienste of kinderoppassers is beskikbaar indien daar vooraf gereël word. Daar is ook 24 uur-ontvangs.
Gaste kan die geriewe op die perseel, wat 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe insluit, gebruik.
Aktiwiteite in die omgewing sluit perdry, fietsry, swem, kajakvaart, voëlkyk en bergfietsry in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Dirk Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 35
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Nelson-rylaan, Breakerview Bay, Trafalgar, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Breakerview Bay 32 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Trafalgar Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nelson-rylaan, Breakerview Bay, Trafalgar, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang