33 La Mer
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Illovo Beach-weg 27, Illovo Beach, Kingsburgh, 4125, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 195 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
33 La Mer bied 'n rustige wegbreek in 'n woonstel met 'n see-uitsig aan KwaZulu-Natal se tropiese kuslyn. Dit is net 30 km suid van Durban in die stil, ongerepte dorpie, Illovo Beach wat met heerlike soel weer en die warm Indiese Oseaan spog.
Hierdie smaakvol versierde woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Beide en suite-badkamers het storte. Daar is ook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die hoofslaapkamer en leefarea lei na 'n groot stoep met 'n see-uitsig, stoepmeubels en 'n gasbraai.
Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en 'n wasmasjien toegerus. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitarea en gratis WiFi.
Ander geriewe op die perseel sluit 'n gemeenskaplike swembad en braai-area in. Die kompleks bied 24 uur-sekuriteit, onderdakparkeerplek vir 1 voertuig en oorgenoeg oop parkeerplek vir besoekers.
Die kushoofweg kan nie van die woonstel af gehoor of gesien word nie, maar dit is net 3,3 km ver en beteken gaste kan maklik toegang tot verskeie dorpies en besienswaardighede aan die Suidkus kry.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Burger Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 58
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Illovo Beach-weg 27, Illovo Beach, Kingsburgh, 4125, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 33 La Mer het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Illovo Beach Kingsburgh Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Illovo Beach-weg 27, Illovo Beach, Kingsburgh, 4125, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang