35 Martinique Apartment
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rock-laan 2, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 950 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
35 Martinique Apartment is 'n pragtige selfsorgvakansiewoonstel wat in 'n veilige kompleks in Shakas Rock geleë is en is 'n ideale opsie vir 'n gesinsvakansie aan die Dolfynkus aangesien dit naby die gewilde Thompsonsbaai geleë is en met asemrowende see-uitsigte spog.
Dié woonstel op die derde verdieping het 'n kapasiteit van 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n bad. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Langs die sitkamer is 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek sodat gaste hul maaltye saam kan geniet.
Deur die skuifdeure is daar 'n sonnige patio met 'n buite-eettafel en 'n gasbraai wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte in die verte bewonder. Gaste het volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad en braaigeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Melanie Geverifieer
Eiendomme 8
Resensies 14
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Rock-laan 2, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Shaka's Rock Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rock-laan 2, Shaka's Rock, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang