Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

35 Menlo Gate

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mackenzie-straat 468, Menlopark, Pretotia, 0081, Gauteng
  • Vanaf R1 499 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

35 Menlo Gate is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige gebou in die hartjie van Menlopark, Pretoria. Dit kan 'n goeie opsie wees vir óf toeriste óf korporatiewe reisigers aangesien dit net oorkant 'n winkelsentrum is.

Dié ruim woonstel bied gerieflike slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed het. Albei en suite-badkamers het 'n stort, wasbak en toilet. Skerp wit linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.

Deur die skuifdeure is 'n balkon wat 'n wonderlike plek is vir 'n oggendkoffie. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie woonstel is naby gewilde koffiewinkels asook talle restaurante en winkels.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Jason Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 5

Resensies 4

Op LekkeSlaap 10 maande

Ligging

  • Mackenzie-straat 468, Menlopark, Pretotia, 0081, Gauteng
  • Gaste dink 35 Menlo Gate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 499
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 499
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mackenzie-straat 468, Menlopark, Pretotia, 0081, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA16641d9c71747367ce2d10a5d650efedb69ffb4a4d7f81df4a3c3c5153a731359c90c09ce36d4b7a33c24576afeba5f88d37?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 499 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 468 Mackenzie Street Menlopark 0081 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.769764574469 28.260231614113

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang