Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

360on62 Honeymoon Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 165, Langs die R62, Montagu, 6750, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 840 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

360on62 Honeymoon Cottage bied selfsorgverblyf op 'n werkende plaas en spog met 'n 360 grade-berguitsig. Hierdie plaas is net 7 km buite Montagu, in die Klein-Karoo, op die R62 geleë. Dit is slegs 193 km vanaf Kaapstad deur die Kogmanskloof, na die Klein-Karoo tot by die bekoorlike Montagu. Hierdie geskiedkundige dorpie lê in 'n vrugbare vallei en word deur die Swartberge en Langeberge omring.

Dié knus kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak, bad en 'n stort.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, oond, ketel, eetgerei, breekware en 'n gasstoof toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 2. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n kaggel. Hierdie kothuis het nie 'n TV nie sodat gaste die voëlgesang kan geniet en hoor hoe die jakkalse en vosse huil. Die gevlekte ooruil en Kaapse ooruil is pragtige roofdiere wat dikwels by die huisies gesien en gehoor kan word.

Daar is 'n stoep met 'n braai-area, buitesitplek en 'n privaat Jacuzzi. Gemeenskaplike braaigeriewe is ook in die lapa by die swembad beskikbaar. Die swembad spog met 'n uitsig op die majestueuse Langeberge. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.8/5

Brendan Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 37

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Plaas 165, Langs die R62, Montagu, 6750, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Wynlande Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 840
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 840
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 165, Langs die R62, Montagu, 6750, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA600aa7986859bdb33fd7aabb5ea3e21f3028f300988c299073e7861e5b64b3c3e7e512c3253b02a71d88749bc0acaae3064c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 840 per nag (plek vir 2) Farm 165 Off the R62 6750 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.82801642964 20.200607847882
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem