Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

37 on Salmon

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Salmon-rylaan 37, Pennington, Pennington, KwaZulu-Natal, 4184, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 300 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

37 on Salmon is 'n lieflike, kontemporêre vakansiehuis in Pennington aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Dit is die ideale tuiste vir 'n onvergeetlike vakansie saam met familie of vriende aangesien dit stapafstand van die strand af is en 'n privaat swembad op die perseel het.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 stapelbeddens. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is op die onderste verdieping en is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, Nespresso-koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies, 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die kombuis lei na 'n eetarea met genoeg sitplek wat verseker dat gaste maaltye saam kan nuttig.

Die boonste verdieping van die huis het lugversorging en 'n sitarea met gemaklike sitplek, nog 'n etenstafel en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is regdeur die huis beskikbaar. Die boonste area van die huis het ook 'n kroegtoonbank met stoeltjies en 'n ysmasjien.

Glasskuifdeure lei na 'n balkon met buitemeubels en gasbraaigeriewe. Dit is die ideale plek vir 'n skemerkelkie saans. Die onderste verdieping lei na 'n onderdakstoep wat op sy beurt lei na 'n toegeboude erf met 'n sprankelende swembad.

Die huis word deur 'n alarmstelsel, elektriese heining en laserstrale beveilig.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

4

2 x Stapelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Tracey Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Salmon-rylaan 37, Pennington, Pennington, KwaZulu-Natal, 4184, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 37 on Salmon het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 300
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 3 300
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Salmon-rylaan 37, Pennington, Pennington, KwaZulu-Natal, 4184, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6a060a12dc6fe3b4c1993b2a387c905255897a3b5e1f388b7ca151c2c9fe973f7bf62bd66b5d063df43cb0d1be4fd6e5de91?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 300 per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 37 Salmon Drive Pennington 4184 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-14:00 10:00 -30.371022 30.704821

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang