38 Silver Ranch
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Keurboomsriver-weg, Silver Ranch Chalets 38, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R4 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
38 Silver Ranch is 'n gerieflik gemeubileerde huis met slaapplek vir 6 in 'n veilige kompleks in Plettenbergbaai.
Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die ander 2 slaapkamers het onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die solder is op versoek beskikbaar en het 2 enkelbeddens en 'n dubbelbed. Gaste deel die badkamer met 'n toilet, bad en 'n wasbak.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, skottelgoedwasser en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Addisionele yskas is in die solder beskikbaar. Daar is 'n etenstafel en die sitkamer het 'n TV met DStv.
Die huis lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai-area. Onderdakparkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, sowel as 'n omheinde area met bokkies en voëls. Toegang tot die kompleks word bereik via 'n afstandbeheerde hek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Keurboomsriver-weg, Silver Ranch Chalets 38, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Keurboomsriver-weg, Silver Ranch Chalets 38, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang