39 Canal Road
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Canal-weg 39, Sea Vista, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
39 Canal Road is 'n selfsorghuis teen die kanaal vir 10 gaste in St. Francisbaai en dis ideaal vir 'n groep vriende of familie wat op soek is na 'n rustige wegbreek.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 'n aparte eenslaapkamerwoonstel met 'n kombuisie, eetarea en 'n sitarea. Een van die slaapkamers het 'n koninggrootte-bed, 2 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Elke badkamer het óf 'n stort óf 'n bad, of albei. Vier van die slaapkamers het TV's.
Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swem- en strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en het 'n toonbank en 'n etenstafel met sitplek vir 10. Daar is ook 'n aparte spens met 'n tweede yskas, vrieskas en 'n ysmasjien.
Die sitarea en 4 slaapkamers het elkeen 'n TV met die volle DStv-pakket en lei na 'n houtdek en onderdakstoep met 'n ingeboude braai en 'n uitsig oor die swembad en kanaal. Gratis vesel-WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n privaat tennisbaan en 'n krieketnet buite. By die kanaal is daar 'n jetty met 'n vasmeerpunt vir bote en waterponies. Daar is ook 4 kajakke wat gaste gratis kan gebruik.
Die huis is met 'n omsetterbatterystelsel toegerus wat krag aan al die ligte, die yskas, WiFi, sitarea-TV en DStv-dekodeerder voorsien.
St. Francisbaai spog met aktiwiteite soos bootry, swem, branderplankry, dolfyn- en walviskyk, voetslaan en gholf by die gholfklub. Gaste kan ook die vuurtoring en die Irma Booysen Flora Reservaat besoek om die plaaslike fynbos te sien.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Bergfietsroetes
- Swem
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Colin Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 12
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Canal-weg 39, Sea Vista, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Gaste dink 39 Canal Road het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Francisbaai St. Francis Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Canal-weg 39, Sea Vista, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang