39 Riverclub Villas
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Riverclub Villas 39, Limpopo-singel, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
39 Riverclub Villas bied selfsorgverblyf in die middel van die Riverclublandgoed in Plettenbergbaai. Die landgoed is op die oewer van die Piesangrivier en is net 'n kort entjie se ry vanaf die veilige swemstrande en die ideale basis vanwaar mens die dorp kan verken.
Die woonstel is op die eerste verdieping, smaakvol versier en bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers. Die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dié kamer lei na 'n stoep. Die woonstel het ook 'n aparte badkamer met 'n gesinsbadkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en oorgenoeg spasie in die eenheid om klere op te hang.
Die leefarea het 'n etenstafel, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv en 'n DVD-speler. WiFi is beskikbaar.
Die stoep het stoepmeubels en 'n ingeboude braai.
Daar is onderdakparkeerplek op die perseel.
Die landgoed bied verskeie doendinge soos 'n swembad, tennisbane, muurbalbane en voetslaanroetes langs die rivier.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Paula Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 15
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Riverclub Villas 39, Limpopo-singel, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink 39 Riverclub Villas het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Riverclub Villas 39, Limpopo-singel, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap