4 Frinton on Sea
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Compensation Beach-weg 78, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
4 Frinton on Sea is 'n eksklusiewe en luukse selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks reg teen die see in Ballito. Die kompleks is op die promenade geleë en dus het gaste wat hier bly direkte toegang tot die strand.
Die woonstel het 3 smaakvol versierde slaapkamers wat elk ingerig is met lugversorging, 'n plafonwaaier en 'n gemaklike matras. Elke bed is oorgetrek met luukse linne en ons voorsien badhanddoeke. Die hoofslaapkamer het groot oopvoudeure wat volledig oopmaak om toegang tot die patio en asemrowende see-uitsigte te bied.
Die moderne kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, Nespresso-koffiemasjien, wasmasjien, tuimeldroër, ysmasjien, lugbraaier en skottelgoedwasser. Die ruim leefarea beskik oor 'n leer-sitkamerstel, 'n slim-TV wat 55" groot is, met volledige HD-LED en DStv. Gratis WiFi word in die woonstel voorsien. Die leefarea het groot oopvoudeure wat oopmaak op 'n groot patio vanwaar jy die 180°-uitsigte oor die see kan geniet. Die privaat stoep het ingeboude braaigeriewe, 'n gasbraai, 'n patiostel met sitplek vir 8, sonstoele en 'n groot sambreel. Verder is daar ook 'n omsetter vir beurtkrag.
Die kompleks bied ook veilige parkeerplek en 'n swembad.
Die pragtige promenade is 2,5 km lank en bied asemrowende uitsigte oor die Ballito-strand en dit is ook nie ongewoon om dolfyne in hierdie stukkie van die noordelike kuslyn te gewaar nie, daarvandaan die bynaam "Dolfynkus". Die kompleks is net 5 minute se stap van 'n verskeidenheid uitstekende restaurante af en die King Shaka Internasionale Lughawe is net 15 minute se ry ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Erika Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 62
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Compensation Beach-weg 78, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink 4 Frinton on Sea het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Compensation Beach-weg 78, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang