Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

4 Paddocks

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sias Oosthuizen-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R3 600 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

4 Paddocks is in 'n veilige kompleks in Clarens geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is lekker naby die Clarens-dorpsplein met talle winkels, restaurante, galerye en 'n verskeidenheid aktiwiteite en besienswaardighede vir die hele gesin.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n bad, stort, toilet en wasbak in die tweede badkamer. Al 3 slaapkamers het gehalte-linne, -handdoeke en ekstra komberse.

Die hoofleefarea het 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis, sitarea en eetarea. Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die kombuis lei na 'n eetarea waar gaste hul maaltye kan geniet of na die sitarea waar hulle voor die kaggel en slim-TV met toegang tot Netflix en Showmax kan ontspan. Gaste kan by hul eie rekeninge inteken of hul eie DStv-dekodeerder saambring. WiFi is beskikbaar.

Die stapeldeure lei na 'n stoep met Weber-braaigeriewe. Clarens staan bekend as die juweel van die Vrystaat en is lekker naby Johannesburg en Durban geleë - ideaal vir 'n naweekwegbreek.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Rachel C
Gesin met tieners
5.0
Warm in chilly Clarens. We had a great stay! The house was clean and the fireplace and electric blankets are a definite bonus! Great lo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Khotso L
Saam met vriende
5.0
Comfortable. It was very comfortable, the place is easy to find, close to all the amenities and I can definitely say we got our money's...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Lizette K
Saam met vriende
5.0
Baie lekker blyplek en alles is baie gerieflik. Wonderlike diens, en baie gemaklike blyplek en netjies.
Jul 2023
Nettie S
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plekkie met uitstekende ligging! Aangenaam verras met die ruimte wat die plekkie ons gebied het. Alles wat ons nodig gehad het en die bonus w...
Sien meer
Jun 2023
Frans M
Gesin met tieners
5.0
Perfect. The hostess is exceptionally available to assist.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Franlize Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 275

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Sias Oosthuizen-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink 4 Paddocks het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sias Oosthuizen-straat, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb2d88b7849d4fece515e66ed35e8891b62108c1b3b0717a3d4cf7fadeca8e3a6d03aad63f3b51421ebc3f514e16742173f21?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag, vir 6 mense 16 5 1 5 Sias Oosthuizen Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.505285 28.42022

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang