4 Perissa
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 13 Des 2024 tot 8 Jan 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-rylaan 100, Parissa 4, Chakas Rock, 4399, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 190 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
4 Perissa is 'n pragtige en sjiek selfsorgvakansiewoonstel in die veilige Santorini-kompleks in die hartjie van Chakas Rock, Willard's Beach. Dit is 'n ideale opsie vir 'n kuswegbreek saam met 'n gesin of 'n groep vriende aangesien hierdie kompleks direkte toegang tot 'n pragtige strand bied.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer wat ook 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, Nespresso-masjien, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV teen die muur. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Deur die skuifdeure is 'n onderdakbalkon met 'n buite-eettafel, 'n gemaklike hangstoel en 'n gasbraai wat die perfekte plek is vir beide 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie terwyl jy die see-uitsigte bewonder. Gaste het ook volle toegang tot die kompleks se gemeenskaplike swembad, buite-gimnasium en kinderspeelgrond.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Elsbeth Geverifieer
Eiendomme 18
Resensies 104
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Ocean-rylaan 100, Parissa 4, Chakas Rock, 4399, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Thompsonsbaai Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ocean-rylaan 100, Parissa 4, Chakas Rock, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang