Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

4 Vrede Street

Selfsorg
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vredestraat 4, De Rust, 6651, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 595 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Vredestraat 4 is aan die bopunt van die oulike dorpie De Rust geleë, 30 km vanaf Oudtshoorn en 85 km vanaf George. Met skouspelagtige uitsigte oor die majestueuse Swartberge bied hierdie oulike en knus huis verblyf vir 3 in 2 slaapkamers.

Die verblyf bestaan uit 'n oopplan-sitkamer en -kombuis, 'n gesinsbadkamer en 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander het 'n enkelbed. Die badkamer het 'n stort en toilet. Handdoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus met yskas, mikrogolf en mini-oond, alle breekware en eetgerei, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die groot vermaakarea is die ideale plek om te ontspan en die pragtige omgewing en uitsigte in te neem.

Parkeerplek word onder 'n motorafdak op die perseel gebied. Die huis het 'n TV met DVD's en Openview om te geniet, maar is 'n WiFi-vrye sone. Daar is baie boeke en bordspeletjies om die gedagtes besig te hou. Die buitelug-vermaakarea is 'n gerieflike ruimte en bied skouspelagtige uitsigte, wat sorg vir luilekker dae om die Karoo-magie te geniet.

De Rust bied 'n gevoel van gemeenskap waar 'n mens interessante winkels en kuierplekke kan geniet. Stop by enige van die plaaslike besighede om met interessante mense te gesels en die dorp en omgewing te ontdek, insluitend wynplase, olyflandgoedere en permakultuur.

Plekke om naby te besoek sluit in die skouspelagtige Meiringspoort met sy unieke rotsformasies en waterval, die Kangogrotte, Kammanassie Natuurreservaat, De Rustica Olyfplaas, alternatiewelik, geniet 'n rit na naburige dorpe Klaarstroom en Prins Albert, waar die Swartbergpas gevind kan word. .

Kamer-opset

Kapasiteit: 3 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir 4 Vrede Street
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Tania Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Vredestraat 4, De Rust, 6651, Wes-Kaap
  • Gaste dink 4 Vrede Street het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 595
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R1 595
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vredestraat 4, De Rust, 6651, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAB1SI51stJGxi6u3fgfZPJGjazGRYw8OORN0VMAbFVocEZNXbmQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 595 per nag, vir 3 mense 1 5 1 5 4 Vrede Street De Rust 6651 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.49219400514 22.536209864418

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang