Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

402 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kusweg 132, Hibernian Towers 402, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

402 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie is 'n lieflike woonstel vir 3 in Strand, en is oorkant die strand geleë.

Dié ateljeewoonstel bied uitsigte oor die see en die baai en het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en 'n opblaasmatras is beskikbaar vir 'n kind. Die badkamer het 'n bad, 'n stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die toonbank geniet word. 'n Skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër is ook beskikbaar.

Die leefarea het 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi en toegang tot 'n balkon met 'n gasbraai.

Die luukse Hibernian Towers bied veilige parkeerplek, 24 uur-toegangsbeheer en gaste het toegang tot 2 restaurante, 'n spa, 'n haarsalon, 'n geriefswinkel, 'n stoomkamer, 'n gimnasium en 'n binnenshuise swembad.

402 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie is binne 1 km vanaf verskillende kafees en restaurante geleë. Die uitgestrekte strand bied doendinge soos branderplankry, visvang, swem, sonsondergangritte en walviskyk in seisoen. Gaste kan ook die Strand Waterworld & Fun Park besoek, 'n rondte putt-putt speel, gholfspeel, of die Helderberg-wynroete verken.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 1 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Marlene N
Saam met lewensmaat
5.0
Fantalla! Asemrowende uitsig. Smaakvol en gerieflik. Beslis vyf sterre werd!
Aug 2024
Sanet E
Saam met lewensmaat
5.0
Stunning views. We thoroughly enjoyed our stay. The views are stunning and the apartment is beautifully furnished with everything you n...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
John B
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Netjies! Heerlike ligging! Keurig toegerus! Fantasties, reg oorkant die see/strand, stapafstand van eetplekkies en Bistro in dieselfde geb...
Sien meer
Feb 2024
Deryck D
Saam met lewensmaat
5.0
Good. Good position, clean and airy.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2023
Paul D
Saam met lewensmaat
4.6
Gerieflik, rustig met puik ligging. Lyk soos in die fotos en het baie lekker gebly. Baie gerieflik en op die strand. Uitsig en sonsondergange uitsonde...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Hanlie Geverifieer

Eiendomme 20

Resensies 183

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Kusweg 132, Hibernian Towers 402, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink 402 Hibernian Towers Luukse Vakansie Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kusweg 132, Hibernian Towers 402, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc941498bdacfaade8ada0686c4d0b9c1a04749cf81db439a935971182a8ec24fcece606ee811b305dc0a29f3c2852d13cc8b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 132 Beach Road Hibernian Towers 402 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 09:00 -34.114132894308 18.822513615869

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang