405 Kylemore B
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dock-weg, Kylemore B 405, Marina Residential Estate, V&A Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
405 Kylemore B is 'n selfsorgwoonstel op 'n residensiële landgoed in die V&A Waterfront. Hierdie wêreldbekende bestemming in die hartjie van 'n hawe spog met verskeie uitstekende restaurante, spesialiteitswinkels, kunsvlytmarkte en ontspanningsgeriewe om besoekers te vermaak.
Dié eenslaapkamerwoonstel het lugversorging en slaapplek vir 2. Die woonstel spog met moderne dekor sowel as 'n panoramiese uitsig op Tafelberg. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n ketel. Die oopplan-leefarea het 'n platskerm-TV met sekere satelliet-kanale, 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n gemaklike sitkamerstel. Die eenheid lei na 'n balkon met 'n buitelugeetstel en 2 sonstoele.
Verder is daar gratis WiFi, 'n gemeenskaplike swembad, 'n fiksheidsentrum en privaat parkeerplek binne die kompleks.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Dock-weg, Kylemore B 405, Marina Residential Estate, V&A Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in V&A Waterfront Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dock-weg, Kylemore B 405, Marina Residential Estate, V&A Waterfront, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang