Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

41 Licorna

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach 41, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 310 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

41 Licorna is 'n smaakvol gemeubileerde selfsorgwoonstel in die veilige Licorna Beach-kompleks in Umhlanga. Dié kompleks bied direkte toegang tot die blouvlag-swemstrand, asook 'n gemeenskaplike swembad en braai-area in 'n ontwerperstuin.

Let asb. dat daar opknappingswerk by die hele woonstelblok gedoen word vanaf Mei 2019.

Dié lugversorgde woonstel het slaapplek vir tot 7 gaste. Dit het 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea, en 'n ekstra groot balkon. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n oopplan en suite-badkamer met 'n Jacuzzi-bad. Dié kamer het deure wat oopmaak op 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed. Daar is 'n slaapbank in die leefarea vir 'n sewende gas. Die tweede badkamer het 'n dubbelstort, toilet, en wasbak. Die derde badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Badhanddoeke word voorsien.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, mikrogolf, en eetgerei en breekware. Die sitkamer spog met 'n platskerm-TV teen die muur. Die leefarea lei na 'n balkon buite. 'n Gedeelte van dié balkon is beskut en het sitplek met gasbraai-geriewe. Die res van die balkon is oop en het buite-meubels en lieflike uitsigte oor die en strand en branders.

Veilige onderdakparkeerplek is in die kompleks beskikbaar. Daar is ook 'n bemande ontvangs-area en selfsorg-wasgeriewe. WiFi is beskikbaar.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Spa-bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.0
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Peter H
4.8
Alles wat ons benodig het, was daar. Ons het dit geniet en baie lekker gebly.
Feb 2025
Poppy X
4.8
Nice perfect stay thank u. Enjoyed our stay. The place was very clean in a good area. Most of the things we wanted to do were nearby.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Rashina S
Gesin met klein kinders
4.6
Was lovely, enjoyed the unit, beddings, gas braai provided, ocean view awesome. Was lovely, furniture neat and tidy, dishes provided, g...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Nicosha K
Gesin met klein kinders
4.6
Safe and clean apartment in a great location. Great location with access to the promenade. Beautiful apartment with ample space to acco...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Marlene S
4.2
Met aankoms was die een ontvangsdame vreeslik ongeskik. Met aankoms was die 1 ontvangsdame vreeslik ongeskik en kortaf. Gesê hulle wag al van die vori...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Tereza Deborah Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach 41, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink 41 Licorna het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 310
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R 2 310
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 82, Licorna Beach 41, Umhlanga Rocks, 4320, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk0ZDkxYTlkLTM0ZWYtNGE3Ny1hODcwLWZkMzNlNmZiMDE4Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 310 per nag (plek vir 7) 21 5 1 5 82 Lagoon Drive 41 Licorna Beach 4320 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -29.7157077 31.0919762

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang