41 on Serruria
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Serruria-weg 41, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Vanaf R920 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
41 on Serruria is 'n knus ateljeewoonstel vir 2 gaste in Paradyskloof, Stellenbosch.
Die woonstel is vas aan die hoofhuis en het 'n aparte ingang vir gaste se privaatheid. Die eenheid beskik oor 'n slaaparea met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n TV met DStv en WiFi.
Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, gasstoof, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet.
Die eenheid bied toegang tot 'n stoepie met 'n ingeboude braai en daar is veilige parkeerplek vir voertuie. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.
Stellenbosch bied 'n verskeidenheid doendinge, soos wynproe by die verskeie wynplase, bergfietsroetes, voetslaan en aarbeipluk gedurende die seisoen. Besienswaardighede in die omgewing sluit Eagle Encounters of Segway Gliding Tours by Spier, Butterfly World, The Giraffe House en vele meer in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Chris Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 25
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Serruria-weg 41, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink 41 on Serruria het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Serruria-weg 41, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap